Hulle storie het basies begin soos enige ander romantiese komedie… net met minder romanse en meer sirenes.
Hy het begin werk as ’n paramedikus by Netcare 911 by Netcare Unitas Hospital en was nog besig om uit te figure hoe alles werk—jy weet, soos om nie koffie oor jouself te mors tydens ’n nagdiens nie. Intussen was Damika ’n finalejaarstudent by Netcare College en het sy haar praktiese skofte daar gedoen. Hulle het mekaar so half-half raakgesien tussen skofte… daai tipe “ek dink ek ken jou van êrens” vibe.
Maar van Damika se kant af was daar blykbaar reeds dinge aan die gebeur.
Haar beste vriendin het lank voor enige iets tussen hulle begin het al besluit hulle twee behoort eintlik saam te wees. Sy het gereeld probeer om ’n date tussen hulle te reël—nie eens subtiel nie. Damika was glo meer terughoudend daaroor, terwyl haar vriendin al amper die troukoek ontwerp het.
Intussen het hy absoluut niks hiervan geweet nie.
Hy het net aangegaan met sy lewe, ICU-skofte gewerk, probeer funksioneer op min slaap, en elke nou en dan gewonder hoekom hy haar altyd raakloop.
Met tyd het hulle weer op mekaar afgekom. Hy het na die ICU-ambulans geskuif (meer stres, minder slaap), en sy het gekwalifiseer en begin werk. Toe eendag—boom—ontmoet hulle weer op ’n ongelukstoneel. Hy gee vir haar ’n pasiënt oor, sy span vat oor, almal lyk professioneel… maar eintlik is hy soos:
“Okay… wag. Sy’s actually ongelooflik.”
Na die skof stuur hy vir haar ’n boodskap om te hoor hoe dit met die pasiënt gaan.
(Ja-nee, natuurlik net oor die pasiënt… 👀)
Maar toe begin hulle praat. En praat. En nog praat.
En iewers in die agtergrond sit Damika se beste vriendin waarskynlik soos iemand wat pas ’n baie suksesvolle matchmaking-plan sien werk:
“FINALLY.”
Hulle eerste date? Kerk toe (baie ordentlik), en toe waffles en roomys (baie belangrik). Eintlik redelik perfek. Geen drama nie, net twee mense wat besef:
“Okay… hierdie werk dalk nogal.”
Die beste deel? Hy het lank voor dit alles gebeur het, vir sy toekomstige vrou gebid. So basies… al daai nagte, skofte, trauma calls, en awkward ontmoetings was eintlik deel van ’n groter plan.
Of, soos iemand by The Office sou sê:
“Sometimes you find love in the workplace… en soms vat dit net ’n paar trauma scenes, ’n baie vasberade beste vriendin, en ’n waffle om dit te realise.”