Alle akkommodasie-besprekings word deur Mardi & Nico hanteer. Sodra die venue se beskikbare akkommodasie volledig bespreek is, sal alternatiewe verblyfopsies aan gaste gekommunikeer word.
Daar is 8 kamers beskikbaar wat altesaam 16 gaste kan akkommodeer, asook kamplek vir ongeveer 20 gaste. Sondagoggend sal ontbyt voorsien word vir alle gaste wat oorslaap.
Gaste wat verkies om alternatiewe verblyf in die omgewing te bespreek, is meer as welkom om vir Mardi te kontak. Sy sal graag ’n lys van beskikbare opsies en kontakbesonderhede aanstuur.
Daar is ‘n self-help kroeg beskikbaar by verblyf vir gaste wat 10:00 arriveer wanneer die hoofkroek toe is voor en na die troue.