Die Jacobs Troufees
5-6 September 2026
Die troue sal as volg verloop: Gaste wat oorslaap is welkom om vanaf 10h00, Saterdag, 5 September 2026 te arriveer, terwyl daggaste vanaf 14h00 kan aansluit. Die huwelikseremonie begin om 15h00 en die perseel sluit om 23h00. Die boma-kuier sal egter vanaf 23h00 voortgaan vir gaste wat oorslaap.
Daar is 8 kamers beskikbaar wat altesaam 16 gaste kan akkommodeer, asook kamplek vir ongeveer 20 gaste. Sondagoggend sal ontbyt voorsien word vir alle gaste wat oorslaap.
Gaste wat verkies om alternatiewe verblyf in die omgewing te bespreek, is meer as welkom om vir Mardi te kontak. Sy sal graag ’n lys van beskikbare opsies en kontakbesonderhede aanstuur.
Belangrike Inligting
Neem kennis die seremonie stiptelik om 15:00 begin. Geen gaste sal na 15:00 deur die hekke toegelaat word nie. Gaste wat nie oorslaap nie is welkom vanaf 14:00.
Kleredrag:
Semi-formeel en elegant. Ons versoek vriendelik dat gaste nie jeans of informele drag sal dra nie. Gaste word vriendelik aangemoedig om volgens die onderstaande kleurpalet aan te trek – aardse kleure met fokus op groen-, bruin- en koper-tone, aangevul deur goud, roosgoud, brons en subtiele sequins.









