ons storie
Twee harte en twee lewens word een voor God.
Van die heel eerste oomblik af het ons geweet die Here het ons paaie saam laat kruis met 'n doel. In geloof het ons alles aan Hom oorgegee, en in Sy genade het Hy ons met mekaar geseën. Ons liefde is gebou op vertroue, hoop en Sy leiding, en elke dag saam is 'n herinnering aan sy goedheid. Vandag kies ons mekaar, nie net uit liefde nie, maar ook uit die sekerheid dat Hy ons saamgebring het - en saam sal bly lei op die pad vorentoe.
Met liefde verbind saam op 'n nuwe pad.
Bou saam vir altyd.
"Laat alles wat julle doen, in liefde geskied.”
1 Korintiërs 16:14
FOTO HOEKIE
Ons GROOT DAG
Met God se seën stap ons hand aan hand die toekoms in — kom deel in die vreugde waar alles begin.
Saam met ons families nooi ons u hartlik uit na die huweliksbevestiging van Viljee van den Berg & Carmen du Randt.
10 Oktober 2026
Seremonie - The venue, Hartswater
Onthaal - Kameeldoringkamp, Magogong
Tyd: 15:30 vir 16:00
#vandurandttotdenberg
fyner detail
Kleredrag
Semi - formeel
Ons moedig julle aan om volgens die kleure aan te trek.
Mans - chino en wit hemp
Dames - enige van die volgende kleure.
Kroeg
Kinders & Metgeselle
Kontak op die dag
akkommodasie
Vir julle gerief het ons ’n paar akkommodasie-opsies naby die venue hieronder gelys.
Neem asseblief kennis dat die verblyf by die venue reeds volledig bespreek is.
Fairview Guesthouse - Hartswater
Tuscany Hill Manor - Hartswater
Sonskynhof - Jan Kempdorp
Border Hotel - Jan Kempdorp
Home@Harts - Hartswater
Naauwpoort Guestfarm - Hartswater
Program
Vrydagaand
Kuier
18:00 - 22:00
Kom kuier saam met ons Vrydagaand! Daar sal iets lekker te ete wees en ’n kontant kroeg sal beskikbaar wees.
Saterdag
Seremonie
15:30 vir 16:00
Onthaal
19:00 tot laat
Wat om te doen?
Geskenkwenk
Julle teenwoordigheid is ons grootste geskenk. Enigiets ekstra is net ’n bonus.
Bankbesonderhede:
Carmen du Randt
FNB
62546752107


















