Twee mense, twee lewens, twee harte – en een God wat ons paaie saamgebring het.
Van die dag wat ons ontmoet het, het ons geweet dat ons liefde uniek is. Ons het ’n vriendskap gebou, ’n liefde laat groei en ’n toekoms saam begin droom.
Nou, ná hope avonture en lagbuie, is ons gereed om te sê: ‘Ja!’ vir ’n leeftyd saam. En ons sien uit daarna om die volgende hoofstuk van ons storie as man en vrou te skryf.
Daarom nooi ons jou om deel te wees van die dag waar ons vir ewig aan mekaar verbind.